Giel van Niekerk, ’n VF Plus-wyksraadslidkandidaat vir Ba-Phalaborwa Plaaslike Munisipaliteit, woon sedert 2002 hier, dien reeds vyf jaar as raadslid en het uitdagings rondom dienslewering en frustrasies van inwoners eerstehands ervaar. Met fokus op betroubare kragvoorsiening, drinkbare water, rioolafvoer en paaie en lid van die Tegniese Portefeuljekomitee is hy vertroud met diensleweringskwessie, aktief betrokke by die gemeenskap en besoek onder meer die ouetehuis. Giel wil sy kennis, ervaring en betrokkenheid gebruik om verval te bekamp en van Ba-Phalaborwa weer ’n dorp te maak waarop inwoners trots kan wees.