Gideon, bekend as Deon du Plessis, is ’n navorser by SADiLaR en werk aan sy doktorsgraad in taalkunde aan die Noordwes-Universiteit. Hy het sy honneurs- en meestersgrade met lof behaal en was ’n topstudent in die Skool vir Tale. Hy is voorsitter van SADiLaR se navorsingsetiekkomitee en dien op die NWU se Senaatsnavorsingsetiekkomitee. Sy ervaring sluit onderrig, taaladvies en navorsingsleierskap in, met ’n sterk grondslag in taal en etiese besluitneming.