Gert Willem van den Berg praktiseer as prokureur in Kuruman en woon in Hotazel. Hy het ’n LLB-graad aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus verwerf, asook ’n Nagraadse Diploma in Boedelbeplanning aan die Universiteit van die Vrystaat. Hy spesialiseer in belastingreg, boedelreg, boedelbeplanning, trusts en litigasie. Sy grootste belangstelling bly egter boedelreg. Hy het ’n groot liefde vir die buitelewe, landbou, jag, die bewaring van Suid-Afrika se natuurlike erfenis en filosofie. Ervaring het hom bewus gemaak van die uitdagings waarmee gemeenskappe en belastingbetalers te kampe het, veral in die Joe Morolong-munisipaliteit.