Gerrie het sy loopbaan in die kantoor van die destydse provinsiale ouditeur begin, waarna hy die munisipale sektor betree het.
Daar het hy gevorder van rekenmeester en adjunk-stadstesourier tot stadsklerk.
In 2008 is hy aangestel as afdelingshoof van administrasie by die Witbank-stadsraad, waar hy tot met sy aftrede ook waargeneem het as uitvoerende direkteur van ontwikkelingsbeplanning en korporatiewe dienste.
Met sy verkiesing tot die munisipale raad beoog hy om die VF Plus se beginsels te implementeer wat volhoubare en verantwoordbare plaaslike bestuur verseker.