Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus
Gerda Venter, VF Plus candidate

Gerda Venter

Province: Mpumalanga
Municipality: Thaba Chweu

Wards: 12-13

Gerda dien sedert 2021 as VF Plus se PR-raadslid in die Thaba Chweu-plaaslike munisipaliteit en is voorsitter van die VF Plus se Laeveld-streekspartyraad.

Sy is die stigter en uitvoerende hoof van die Soli Deo Gloria-sorgsentrum in Lydenburg, waar sy daagliks met kwesbare mense en gemeenskappe werk.

As pastoor, berader en opvoeder glo Gerda in diensbare leierskap, verantwoordbaarheid en daadwerklike optrede.

Sy is ’n toeganklike gemeenskapsleier wat inwoners se belange beskerm en haar sterk uitspreek teen verval, onreg en swak dienslewering.

“Politiek moet oor mense gaan — om te luister, teenwoordig te wees en daadwerklik op te tree.

My gemeenskap is nie net ’n kiesafdeling op ’n kaart nie, maar mense met die reg op waardige dienslewering.

Ek sal aanhou opstaan teen verval en wanbestuur, terwyl ek praktiese oplossings bring.

Met geloof, integriteit en volharding is ek ‘n stem vir elkeen wat voel hulle word nie gehoor nie. Saam kan ons Thaba Chweu herstel.”

- Gerda Venter

ELECTION IN

Days
Hours
Minutes
Seconds
Watch this space for the results of the recent election.

SPECIAL VOTES

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.