Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus
Ernest Viviers, VF Plus candidate

Ernest Viviers

Province: Western Cape
Municipality: Mossel Bay

Wards: 17

Ernest Viviers is ’n bekende lid van die Mosselbaai-gemeenskap en het op ’n plaas in Wyk 17 grootgeword. Hy ken die wyk en verstaan die uitdagings van ’n meer landelike gemeenskap, insluitend dienslewering, veiligheid en infrastruktuur. Ernest is sedert 2016 by politiek in Mosselbaai betrokke en is ook aktief in sport op verskeie vlakke, onder meer in bestuur. Sy lang verbintenis met Wyk 17 en die gemeenskap gee hom ’n goeie begrip van inwoners se behoeftes en prioriteite.

Ek wil ’n verskil in die lewens van mense in Wyk 17 maak deur te luister, oop te kommunikeer en saam met die gemeenskap praktiese oplossings te vind. Ek staan vir beter dienslewering, behuising, landelike veiligheid, verbeterde paaie en infrastruktuur, asook die uitbreiding van sportgeleenthede. Noue samewerking met die gemeenskap en die SAPD is belangrik. Ek wil my kennis van die wyk en my ervaring gebruik om inwoners se belange eerste te stel en saam met hulle hoop en geleenthede vir die toekoms te skep.

- Ernest Viviers

ELECTION IN

Days
Hours
Minutes
Seconds
Watch this space for the results of the recent election.

SPECIAL VOTES

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.