Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus
Dawie Conradie, VF Plus candidate

Dawie Conradie

Province: North West
Municipality: Rustenburg

Wards: 7, 25, 30, 35

Dawid Hendrik Conradie woon reeds 57 jaar in Rustenburg en beskik oor diep plaaslike kennis en praktiese tegniese ervaring. Hy is aktief betrokke by buurtwag-, brandbestrydings- en AfriForum-inisiatiewe en verstaan hoe belangrik vinnige reaksie, samewerking en betroubare toerusting vir gemeenskapsveiligheid is. Dawid het as tegnikus gewerk en bring ’n oplossingsgerigte ingesteldheid na dienslewerings- en infrastruktuurvraagstukke. Hy dien as ondervoorsitter van die VF Plus se Wigwam-tak en het vroeër as diaken in die NG Kerk gedien. Sy kandidatuur word gedra deur diensbaarheid, verantwoordelikheid en ’n opregte verbintenis tot Rustenburg se mense.

“Veiligheid werk wanneer mense mekaar ken, inligting deel en vinnig kan reageer. My jare in Rustenburg en betrokkenheid by buurtwagte, brandbestryding en gemeenskapsorganisasies het my geleer dat goeie koördinering lewens en eiendom beskerm. Ek steun ’n sentrale beheerkamer wat buurtwagte, privaat sekuriteit en nommerplaatherkenningskameras verbind, met duidelike kommunikasiekanale na nooddienste. Tegniese toerusting moet onderhou en verantwoordelik gebruik word. Plaaslike diensspanne en bystandkontrakteurs moet ook gereed wees wanneer infrastruktuur faal. Só bou ons ’n veiliger Rustenburg waar inwoners nie alleen staan wanneer ’n noodsituasie ontstaan en hulp vinniger kan kom nie.”

- Dawie Conradie

ELECTION IN

Days
Hours
Minutes
Seconds
Watch this space for the results of the recent election.

SPECIAL VOTES

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.