Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus
Danny Botha, VF Plus candidate

Danny Botha

Province: Northern Cape
Municipality: EMTHANJENI

Wards: 1, 3, 5, 7

Daniël (Danny) Botha is gebore te Kimberley en het op ’n melkplaas groot geword. Sy ouers was bedrywig in boerdery, onderwys en mynbou. Hy het op verskillende tye op plekke soos Ulco, Lime Acres, Beeshoek, Kathu en Kimberley gewoon. As jong seun was hy bevoorreg om lid die Drakensberg Seunskoor te wees. Later het hy sy land as Springbok toutrekker in verskeie wêreldkampoenskappe verteenwoordig. Hy bekwaam hom as passer en draaier en elektrisiën te YSKOR, Kathu. Hy werk ook in die Wes-Kaapse vrugtebedryf en later in Kimberley in hernubare energie.

“Ek bevind my tans in De Aar, terug tussen my mense, hier waar my voorgeslagte die Karoo kom tem het. In die politieke arena is die VF Plus die enigste party waarmee ek myself kan vereenselwig. Met hulle steun wil ek ons gemeenskap dien. Opleidingsgeleenthede, veiligheid en gesondheid is die drie bene wat ek graag sal bevorder sodat ons oorbelaste gemeenskap nie gestremd voel nie, maar selfstandig kan groei. Hernubare energie is ons nuwe “boerdery” wat ek ten volle wil benut vir ons gemeenskap te Britstown, De Aar en Hanover.”

- Danny Botha

ELECTION IN

Days
Hours
Minutes
Seconds
Watch this space for the results of the recent election.

SPECIAL VOTES

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.