“Ek het self gesien hoe ons dorp en ons land agteruitgaan, en ek weet dit sal baie hande verg om dinge reg te ruk. As getroude man en pa wil ek hê ons kinders moet in ’n gemeenskap grootword waar dienste werk en mense omgee. Sedert 2021 werk ek daarvoor. Vir my gaan dit oor regverdigheid, aanspreeklikheid en meriete. Ek sal nooit iets sê net om jou stem te kry nie – ek glo in eerlike inligting, selfs wanneer dit ongemaklik is.”