Ek staan vir verantwoordelike finansiële bestuur, beter dienslewering en ’n munisipaliteit wat op sy kernverantwoordelikhede fokus. Ek wil meer geleenthede vir plaaslike ondernemings en werkskepping bevorder, onnodige uitgawes beperk en seker maak dat fondse doeltreffend aangewend word. Ek wil ook aandag gee aan korrupsie, die instandhouding van die dorp en die verbetering van Laingsburg se infrastruktuur en netheid.