Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus
Charmaine Cowley, VF Plus candidate

Charmaine Cowley

Province: Mpumalanga
Municipality: Lekwa

Wards: 14

Charmaine Cowley is gebore en getoë in Standerton, ’n toegelate prokureur sedert November 1994 met haar eie firma, Charmaine Cowley Prokureursasook Kommissaris in die Hof vir Klein Eise in Standerton en Morgenzon.

Weens haar beroep is sy daagliks betrokke en verstaan die inwoners se frustrasies en uitdagings, ook veral met betrekking tot die totale verval van behoorlike en effektiewe dienslewering, korrupsie en ’n “traak-my-nie-agtige” houding deur die plaaslike munisipaliteit.

Haar ondervinding, strewe na geregtigheid, verantwoordelikheid en aanspreeklikheid teenoor alle lede van die gemeenskap is haar morele kompas.

Ek is toegewyd daaraan om die inwoners van Lekwa te dien met integriteit, deursigtigheid en vasberadenheid.

My doelwit is eenvoudig: veg teen korrupsie, bring die munisipaliteit tot verantwoording en streef en werk vir doeltreffende, bekostigbare en betroubare dienslewering in Lekwa.

Saam kan ons verantwoordelike leierskap deur Lekwa afdwing, die belastingbetaler se fondse beskerm en ’n munisipaliteit bou wat werk vir die inwoners.

JOU KEUSE JOU STEM

ONS LEKWA ONS TOEKOMS

- Charmaine Cowley

ELECTION IN

Days
Hours
Minutes
Seconds
Watch this space for the results of the recent election.

SPECIAL VOTES

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.