Charles Henn is ’n beginselvaste en betroubare inwoner van Wyk 11, waar hy sedert 1986 woon. As jarelange inwoner ken hy die vyf dorpe van Langeberg en verstaan hy die behoeftes en uitdagings van die streek. Charles beskik oor waardevolle finansiële kennis en bestuursvaardighede, asook uitgebreide kennis van sport en sportfasiliteite. Hy glo in verantwoordelike, eerlike en doeltreffende bestuur en wil sy kennis en ervaring tot diens van die gemeenskap stel, met inwoners se belange en goeie kommunikasie as prioriteite.