Aranda Nel-Buitendag
Province: Mpumalanga
Municipality: Govan Mbeki
Wards: 3, 7, 11, 14, 20-21, 24, 26
Aranda Nel-Buitendag is in Malmesbury gebore en woon al 31 jaar in die Govan Mbeki-munisipale gebied. Sy is al 14 jaar ’n aktiewe VF Plus-verteenwoordiger en het twee termyne as munisipale raadslid gedien. Sy was ook betrokke by AfriForum, sektorpolisiëring, Wyk 21 en die Secunda-kliniekkomitee. Haar fokus is op dienslewering, infrastruktuur, water, elektrisiteit en verantwoordelike finansiële bestuur. Sy is prakties, mensgerig en verbind tot toeganklike, deursigtige en verantwoordbare plaaslike regering.