Raadslid Annica Holtzhausen is die ‘n VF Plus kandidaat in Matlosana. Sy het ’n BA in Arbeidsverhoudinge en Psigologie, ’n Nagraadse Onderwyssertifikaat en ’n BEd Honneurs in Opvoedkundige Sielkunde aan die Noordwes-Universiteit voltooi. Sy is ’n geregistreerde berader en studeer tans vir ’n meestersgraad. Annica dien sedert 2021 as raadslid en het ervaring op komitees vir finansies, plaaslike ekonomiese ontwikkeling, markte en gemeenskapsdienste. Sy dien ook as Noordwes raadslede koukusvoorsitter, lid van die Federale Raad en Plaaslike Regeringskomitee. Sy is verbind tot verantwoordbaarheid, menseregte, gelykheid en toeganklike diens aan inwoners.