Angelique Vermaak woon sedert 2012 in De Kroon en is agt jaar saam met VF Plus-raadslede by kwessies betrokke. Sy het in die Gemeenskapspolisiëringsforum gedien en is as sekretaris van Sektor 4 De Kroon verkies. Angelique het verhoudings met Eskom help stabiliseer sodat foute aangemeld en opgevolg kon word. Haar werkservaring sluit kliëntediens, administrasie, fakturering, rekonsiliasies, debiteure, krediteure en kontantvloei in. Sy is getroud en het twee kinders. Haar sterk punte is volhardende opvolg, noukeurige rekordhouding en die vermoë om inwoners se probleme na die regte rolspelers deur te voer.