Albert Nel is ’n ervare gemeenskapsleier wat sedert 1990 diensbaar in Bloemhof en omliggende gemeenskappe werk. Hy was deur die jare betrokke by die ouetehuis, landbou-unie, gemeenskapspolisiëringsforum, welsyn en die Diens van Barmhartigheid. Albert het ook op verskeie kerkrade gedien en vervul steeds gemeenskaps- en skakelverantwoordelikhede. Die afgelope vyf jaar dien hy as VF Plus-raadslid. Hy staan vir Christelike waardes, minderheidsregte, verantwoordbaarheid en ordentlike plaaslike bestuur. Sy lang diensrekord, betroubaarheid en praktiese kennis van inwoners se behoeftes maak hom ’n beginselvaste kandidaat wat verandering daadwerklik wil help bewerkstellig vir almal.