Beskikbaar vir persone wat nie kan stem by die stemlokaal waar hulle geregistreer is nie
As jy nog nooit voorheen geregistreer het nie, sal jy nie van die aansoek gebruik kan maak nie.
As jy vir 'n ander stemlokaal binne dieselfde provinsie aansoek doen, sal jy al drie stembriewe ontvang.
As jy aansoek doen vir 'n ander stemlokaal buite die provinsie waar jy geregistreer is, sal jy net jou nasionale stembrief ontvang. Jy sal nie geregtig wees om vir die provinsie of streek te stem nie.