Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

GEWONE

LIDmaatskap

SLUIT AAN

"*" indicates required fields

This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Aansoeker se besonderhede

Fisieke Adres*

Verklaring

Teken in

Aansoek om Lidmaatskap

Missie van die Vryheidsfront Plus
Die Vryheidsfront Plus is onherroeplik verbind tot die verwesenliking van gemeenskappe, in die besonder die Afrikaner se internasionaal erkende reg op selfbeskikking, territoriaal en andersins, die handhawing, beskerming en uitbouing van sy regte en belange, asook tot die bevordering van die reg tot selfbeskikking vir alle gemeenskappe in Suid-Afrika gebind deur ’n gemeenskaplike taal- en kultuurerfenis.

Verklaring van Lojaliteit
Ek verbind my uit vrye wil om onverdeelde lojaliteit aan die Vryheidsfront Plus te betuig en om die verpligtinge verbonde aan my lidmaatskap van die Vryheidsfront Plus volgens hierdie Grondwet, getrou na te kom; Ek onderwerp my aan die gesag en tug van die Vryheidsfront Plus se organisasie volgens hierdie Grondwet; Ek is nie lid van en/of assosieer my nie met enige ander politieke party of organisasie met ’n politieke strekking wat deur die Federale Raad geag word in stryd te wees met die beginsels of belange van die Vryheidsfront Plus nie; Indien ek, nadat ek aangesluit het by die Vryheidsfront Plus, lidmaatskap aanvaar van of my assosieer met enige ander politieke party of organisasie met ’n politieke strekking wat deur die Federale Raad geag word in stryd te wees met die beginsels of belange van die Vryheidsfront Plus, sal dit geag word dat ek outomaties en onmiddellik my lidmaatskap van die Vryheidsfront Plus beëindig het.

Ons Credo
In nederige erkentlikheid teenoor die drie-enige en almagtige God, die lotsbepaler van alle volke, nasies en gemeenskappe, verklaar die Vryheidsfront Plus hiermee:

  • Ons strewe na die ideale van republikeinse vryheid gekoppel aan Christelike waardes, sedes en broederlike liefde tussen alle gemeenskappe en volkere;
  • Erkenning van elke gemeenskap se internasionaal erkende reg tot selfbeskikking in verskillende vorme, sal onverpoosd en doelgerig nagestreef word deur interaksie met die staat en die internasionale gemeenskap;
  • Morele-, politieke- en ekonomiese opbou van mense begin in die gesin en bou op deur die familie, gemeenskap en staat. Die staat kan sy plig ten beste as ‘n gemenebes van gemeenskappe najaag;
  • Die Vryheidsfront Plus erken die staat se rol in die skep van welvaart vir alle burgers en tot opbou van minderbevoorregtes uit alle gemeenskappe;
  • Die Vryheidsfront Plus is verbind tot vreedsame nastrewing van ons ideale, maar ook tot verset teen ontkenning en ondermyning van kulturele identiteit. Die Afrikanervolk, ander Afrikaanssprekendes soos Griekwas, Namas, Khoi en San, sowel as ander minderhede vir wie Afrika hul enigste tuiste is, maak elkeen op ‘n ander manier aanspraak op hulle grondwetlik erkende reg tot selfbeskikking.
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.