Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus versoek dat kontrakteur werk staak weens swak vakmanskap

Die VF Plus het ná ‘n oorsigbesoek van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit se finansiële komitee aan ‘n stormwaterstelsel-projek, versoek dat dit tydelik gestaak word weens swak vakmanskap.

Die VF Plus, munisipale amptenare en verskeie partye het die projek besoek omdat die kontrakteur in Mei verlede jaar die projek al moes afhandel.

Die kontrakteur het twee jaar gelede teen ‘n bedrag van R8 miljoen begin om ‘n nuwe stormwaterstelsel te bou langs Westinghouselaan in Vanderbijlpark.

Die stormwaterkanaal moet ook met betondeksels bedek word wat opgelig kan word om dit skoon te maak.

Die kontrakteur, wat reeds R4 miljoen vir die werk ontvang het moet ook eersdaags met die herseëling van die pad begin.

Tydens die oorsigbesoek is gevind dat van die nuwe betondeksels gekraak is en die handvatsels van dun metaal gemaak is

Die VF Plus het daarop aangedring dat die kontrakteur eers aan die munisipale raad kom verduidelik oor hoekom sulke swak kwaliteit werk gelewer is alvorens daar met die kontrak voortgegaan word.

Die party sal nie toelaat dat kontrakteurs miljoene betaal word om substandaard werk aan die munisipaliteit te lewer nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.