Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

SA Rugby moet antwoord oor Israel-afjak

Die afjak van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) aan ’n span van Israel is niks anders nie as politieke gedienstigheid en grens aan anti-Semitisme wat ewe verwerplik is as rassisme.

‘n Israelse span, die Tel Aviv Heat, sou aanvanklik deel wees van ’n nuwe plaaslike rugbykompetisie, die Mzansi-uitdaagliga, waaraan ses plaaslike Eersteliga-spanne en vyf spanne van oorsee vanaf eerskomende Vrydag deelneem.

Die plaaslike spanne is die Valke, Luiperds, Boland, OP, Grens en die SWD-Arende. Die internasionale spanne is die Diables (Spanje), Simbas (Kenia), Windhoek Draught Welwitschias (Namibië), die Goshawks (Zimbabwe) en dan die Heat wat nou vervang is met die Mexican Rhinos van Meksiko.

Saru het die Israelse span se deelname einde verlede maand formeel aangekondig. Verlede Vrydag, skaars ’n paar dae later, het mnr. Mark Alexander, president van Saru, ’n volle ommekeer gemaak en in ’n mediaverklaring gesê die uitnodiging aan die Heat is “teruggetrek”.

Volgens hom is dit gedoen “ná voorleggings van verskeie belanghebbendes” en om “verdeeldheid” in rugbykringe te voorkom.

Hierdie verskoning van mnr. Alexander is nie aanvaarbaar nie. Dit is vir die VF Plus duidelik dat die ANC-regering met sy anti-Israelse sentimente die sweep geklap het en dat Saru gedienstig opgetree het.

Die VF Plus sal Saru formeel vra om te sê wie die sogenaamde ‘belangegroepe” is wat ontevrede was oor die deelname van die Israelse span nadat sy deelname lank reeds bespreek en goedgekeur is deur Saru self.

Die ANC-regering voer hiermee sy bemoeiing met sport te ver. Israel is ’n volle lid van Wêreldrugby en die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK).

Mnr. Alexander en Saru moet sê waarom hulle die ANC gedienstig is.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.