fbpx
Vryheidsfront Plus

Makhura moet bedank as premier van Gauteng oor Esidimeni-leuens

Die Gautengse premier, mnr. David Makhura, moet die eerbare ding doen en bedank as premier aangesien dit nou in die Life Ensedimeni-bemiddelingsverhoor aan die lig gekom het dat hy doelbewus in die Gautengse wetgewer gejok het oor die aangeleentheid, sê Philip van Staden, VF Plus-LPW in dié wetgewer.

Van Staden sê Makhura het herhaaldelik aan lede van die wetgewer gesê hy het nie geweet van die beëindiging van die Esidimeni-kontrakte nie, maar tydens sy getuienis in die huidige bemiddelingsverhoor het hy erken dat hy wel bewus was van die beëindiging van die kontrakte.

“Die premier het duidelik die wetgewer mislei en vir ons almal gejok. Die feit dat hy getuig het hy het nie die verslae van LUR’e gelees het nie, is ‘n aanduiding dat hy nie sy werk as premier deeglik en korrek gedoen het nie.

“Hy het ook ontken dat hy geweet het van ‘n mediaverklaring van die departement op 21 Oktober 2015 dat die kontrakte opgeskort gaan word.

“Makhura het nou verantwoordelikheid aanvaar vir die dood van die 144 pasiënte. Hy sal dus vervolg moet word vir sy aandeel in die tragedie.

“Hy erken voorts hy kon meer gedoen het en dat hy nie kan weghardloop nie. Indien die premier hom wil verbind om sy beste te lewer om sake reg te stel, moet hy die eerbare ding doen en bedank as premier van Gauteng,” sê Van Staden.

 

Kontaknommers: 084 015 4722

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.