fbpx
Vryheidsfront Plus

Eskom: Bethal-hospitaal moet ‘n direkte Eskom-kraglyn kry

Bronne in die Bethal-hospitaal het hul ernstige kommer uitgespreek oor die kragonderbrekings wat die inwoners en hospitaal die afgelope vyf maande teister en dit moet reggestel word.

Die VF Plus doen 'n beroep op die Govan Mbeki-plaaslike munisipaliteit (Bethal, Charl Cilliers, Embalenhle, Evander, Kinross, Leandra, Secunda, Trichardt) en Eskom om nie die hospitaal en die betalende inwoners van Bethal te straf deur daagliks agtien uur lange beurtkrag toe te pas nie.

Die munisipaliteit kan nie verantwoordelike betalers met roterende munisipale beurtkrag benadeel weens ‘n skuldlas van R1,8 miljard aan Eskom wat voor die deur van onbevoegde en onverantwoordelike amptenare gelê kan word nie.

Alhoewel die Bethal-hospitaal kragopwekkers gebruik teen sowat R755 000 per maand, ly die hospitaal se lykshuis en ander departemente groot skade weens hierdie voortdurende kragonderbrekings en -skommelinge.

Die onnodige herstelkoste aan yskaste en ander noodsaaklike toestelle, wat nie verband hou met die pasiënte se gesondheid nie, plaas druk op die finansies van die hospitaal en die VF Plus is bevrees dat dit tot onnodige lewensverlies kan lei.

Die VF Plus sal hierdie kwessies direk onder die aandag van Mpumalanga se LUR'e van die departemente van gesondheid en openbare werke bring sodat daar 'n oplossing vir die probleem gevind kan word.

Navrae: 084 652 9164 / 076 687 2830

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.