Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Die breё steun wat die VF Plus se voorstel oor die aanwending van klein modulêre reaktors (pebble bed modular reactor (PBMR)) vandag regoor die politieke spektrum geniet het tydens ʼn debat in die Mpumalanga-wetgewer, wys daar is hoop vir ʼn skoner provinsie.

Alhoewel die ANC die mosie gesteun het, het die party wel sy kommer oor moontlike werksverliese in die steenkoolbedryf uitgespreek.

Die ander politieke party het egter die gesondheid van die provinsie se inwoners as die hoogste prioriteit geag gegewe die ernstige lugbesoedeling wat tans in die provinsie heers.

Die PBMR is ʼn gevorderde, kompakte vorm van kernkrag wat gebruik maak van hittebestande brandstofbolletjies. Dit is inherent veilig en ideaal vir skoner kragopwekking naby verbruikerspunte.

Die ander voordele daaraan verbonde, is:

• Baie lae uitstraling wat help om lugbesoedeling drasties te verminder;
• Dit is veiliger as tradisionele kernkrag synde daar geen risiko van kernsmelting is nie;
• Dit skep hoë vaardigheidswerksgeleenthede in tegniese sektore;
• Dit het ʼn klein voetspoor wat dit geskik maak vir gebruik in stedelike of afgeleë gebiede.

Suid-Afrika steun tans swaar op wind- en sonkrag.

Dit is egter nie voldoende vir groot nywerhede nie weens die wisselvalligheid daarvan. Weens die afhanklikheid van weerstoestande beskik dit nie oor die vermoë om aan die hoë en konstante kragaanvraag van nywerhede te voldoen nie.

Die VF Plus sien hierdie breë politieke steun as ’n positiewe stap in die regte rigting vir ’n gesonder en meer volhoubare Mpumalanga.

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.