fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

Begrotingsposdebat in die parlement: Departement van Kommunikasie – SAUK-geraamtes kan nie toegesluit word nie

Dit is verblydend om te sien dat die nuwe SAUK-bestuur probeer om sy Titanic seevaardig te hou nadat mense soos Hlaudi Motsoeneng dit teen ‘n ysberg van onbevoegdheid en korrupsie laat vasloop het.

Wat egter in dié tydperk by die uitsaaier gebeur het, kan nou nie net in die vergetelheid verdwyn nie. Daar heers ‘n dawerende stilte oor die strafregtelike vervolging van mense rakende die SAUK 8-aangeleentheid.

Die VF Plus is ook van mening dat diegene wat die joernalis Suna Venter tot met haar dood geviktimiseer het, nie mag wegkom nie en dat hulle opgespoor en van moord aangekla moet word.

Nog ‘n belangrike kwessie is die Film en Publikasiewysigingswetsontwerp se poging om die internet te reguleer met die pretensie om vroue en kinders te beskerm. Die wysigingswetsontwerp sal uiteindelik nie uitvoerbaar wees nie juis omdat die internet – ‘n globale dier – nie deur ‘n plaaslike wet alleen effektief gereguleer kan word nie.

Die ANC sal moet leer dat die skep van wetgewing alleen nie op sigself sosiale probleme kan regmaak nie. Dit vererger in baie gevalle die probleem en skep vals verwagtinge rakende die oplossing.

Natuurlik is hierdie wysigingswetsontwerp boonop daarop gerig om meer regulasies te skep ter wille van sentrale beheer in lyn met die Sowjet-etos van die ANC. Aangesien hierdie wysigingswetsontwerp nie in lyn is met die werklikheid nie, sal dit uiteindelik faal.

Gegewe die belangrikheid van kommunikasie vir die ekonomie en die land, moet staatskaping en sy effek op entiteite uitgeroei word en alle werksaamhede van die departement moet op 'n konstitusionele en regverdige wyse geskied.

Indien dit nie gebeur nie, sal die departement vasgevang bly in die mislukking wat staatskaping daarvan gemaak het.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 065 801 7216

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Jongste nuus
Marcelle Maritz

Verklaar Warmbad tot rampgebied

Die VF Plus het vandag in ’n skrywe aan die premier van Limpopo, mnr. Stanley Mathabatha, daarop aangedring dat Warmbad en omliggende dele tot rampgebied

LEES MEER

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.