Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Begin dadelik met Capitec-ondersoek om nog ‘n African Bank-debakel te keer

Suid-Afrika kan nie nog ‘n inploffende bank in die heersende swak ekonomiese toestande bekostig nie en ‘n ondersoek na Capitec se situasie moet dadelik gedoen word om nog ‘n African Bank-debakel te voorkom, sê adv. Anton Alberts, voorsitter van die VF Plus.

Adv. Alberts sê die VF Plus is baie bekommerd oor die verslag van Viceroy Research wat Capitec van roofleen-praktyke beskuldig. Hy sê Viceroy het met sy verslag oor Steinhoff gewys sy navorsing moet ernstig opgeneem word.

“Die VF Plus gaan vra dat die Nasionale Kredietreguleerder, Capitec en Viceroy na die parlementêre portefeuljekomitee oor handel en nywerheid ontbied rakende die bestuur van lenings aan die publiek wat volgens Viceroy roekeloos is.

“Die komitee is juis nou besig met wetswysigings rakende die Nasionale Kredietwet, en lesse wat geleer word uit hierdie situasie kan lei tot verdere wysigings soos nodig. Hierdie veranderings is juis daarop gemik om die skudbelaaide publiek teen roekelose skuldtoekenning te beskerm.

“Viceroy het ook geluide gemaak oor ander Suid-Afrikaanse maatskappye wie se finansies nie in orde is nie. In die belang van Suid-Afrika kan daar net gehoop word dit blyk nie waar te wees nie,” sê adv. Alberts.

Kontaknommers: 082 391 3117 / 065 801 7216

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.