Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Basiese onderwys-aanwasbegroting: Skaf “regstellende” aksie af en beëindig die kunsmatige vaardigheidstekort

Die VF Plus het vandag teen die aanwasbegroting vir basiese onderwys gestem. Die belangrikste rede is dat R40 miljoen wat vir watervoorsiening en sanitasie vir skole bedoel is, nie bestee kon word nie.

Dit is wel 'n klein persentasie van die sowat R12,5 miljard begroting vir skoolinfrastruktuur, maar as die prestasie op hierdie terrein bekyk word, skilder dit 'n somber prentjie.

Volgens die begroting is die doelwit om 59 nuwe skole te bou, maar net 9 is behaal. Aan 717 skole moes sanitasie verskaf word, maar 63 is behaal, terwyl 52 uit die beplande 227 skole van water voorsien is. Dit is die prestasie na afloop van drie kwartale van die finansiële jaar. Die vraag is hoeveel van hierdie doelwitte in die laaste kwartaal bereik sal word.

Infrastruktuurprojekte verg baie kennis en vaardighede, maar kan nie agterweë gelaat word nie. Die gehalte van onderwys en die waardigheid van gemeenskappe is net té afhanklik daarvan. Intussen skep regeringsbeleid 'n kunsmatige tekort aan vaardighede deur onbuigsame rasseteikens op alle vlakke af te dwing.

Vir die VF Plus is die vraag of die departement van hierdie teikens sal afsien nie 'n kwessie van politieke opportunisme nie, maar van die waardigheid van gemeenskappe.

Kontaknommer: 074 166 5540

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Riaan van Heerden

Kirkwood: Van groen tot vervalle

Kirkwood, ʼn eens florerende en verwelkomende dorp, word deesdae geteister met diensleweringsprobleme wat inwoners warm onder die kraag het. Dié dorp, Addo en Paterson in

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.