fbpx
Vryheidsfront Plus

Vrae oor fout met kragtariewe in Zeerust in Groot-Marico

Die VF Plus het die waarnemende munisipale bestuurder van die Ramotshere Moiloa -plaaslike munisipaliteit (Groot Marico, Zeerust), adv. Godfrey Selebogo, amptelik versoek om in die raad antwoorde te verskaf oor moontlike foute op elektrisiteitstariewe.

Dit wil voorkom of inwoners weens die fout 10 sent per eenheid meer betaal as wat deur die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) goedgekeur is.

Die VF Plus wil ook weet hoe die munisipaliteit beplan om inwoners te vergoed vir die moontlike berekeningsfout.

Dit is belangrik dat die munisipaliteit nie net besef dat die 10 sent per kilowat-eenheid ‘n groot verskil aan elektrisiteitsverbruikers se maandelikse verbruikskoste maak nie, maar verbruikers moet ook daarvoor vergoed word.

Die ANC se laksheid in die munisipaliteit se finansiële bestuur mag betalende inwoners nie nadelig raak nie. Die VF Plus sal daarop aandring dat, indien daar ‘n berekeningsfout met elektrisiteitstariewe was, dit reggestel word en inwoners nie verder daardeur benadeel word nie.

Kontaknommer: 073 200 3309

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.