fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwelkom arrestasie van oud Emfuleni-burgemeester oor kinderpornografie

Die VF Plus in Emfuleni sê die arrestasie van oud-burgemeester Simon Mofokeng vandeesweek oor kinderpornografie, is opnuut ‘n bewys dat niemand bo die wet verhewe is nie.

Mofokeng, voormalige burgemeester van die Emfuleni-munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging), is vandag in hegtenis geneem waarna hy in die Van der Bijlpark-streekhof op aanklagte van die verspreiding van pornografiese foto’s van ‘n minderjarige  verskyn het.

Hy is nie gevra om te pleit nie en die saak is tot 20 Maart uitgestel.

Hy is op borgtog van R10 000 vrygelaat.

"Die VF Plus het nog altyd in die belang van vroue en kinders opgetree en beskou daarom dié oortreding in ‘n baie ernstige lig," sê Christo Smith, VF Plus-raadslid in dieEmfuleni-munisipaliteit.

"Kindermishandeling en seksuele misdrywe is die skandvlek van ons samelewing en dit is jammer dat ons kinders die slagoffers van sulke dade is."

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.