fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus in Wes-Kaap verkies nuwe mede-onderleier

Die VF Plus in die Wes-Kaap het ‘n nuwe mede-onderleier vir dié provinsie aangewys. Hy is Johannes Hartnick, die VF Plus se huidige uitvoerende-onderburgemeester vir Hessequa.

Erika Botha-Rossouw is die ander onderleier. Dr. Corné Mulder, hoofsweep van die VF Plus, is dié party se leier in die Wes-Kaap.

Hartnick is ‘n boorling van die Wes-Kaap en hy woon steeds op Riversdal waar hy op 9 Maart 1957 gebore is. Hy het studeer aan die Universiteit van die Wes-Kaap en was twintig jaar lank (1978 tot 1998) verbonde aan die Suid-Afrikaanse Vloot.

Hy was sy lewe lank nou betrokke in die gemeenskappe waar hy gewoon en gewerk het en het veral uitgeblink as sportafrigter. Hy het ook gedien op die rade van verskeie skole en kerke waar hy betrokke was.

Hartnick is in 2016 aangewys as uitvoerende-onderburgemeester vir die Hessequa-streek en werk vanuit Riversdal waar die VF Plus se streekkantoor vir Hessequa ook gesetel is.

Dr. Mulder sê Hartnick was ‘n gewilde keuse as onderleier en hy sien daarna uit om met hom saam te werk om die VF Plus in die Suid-Kaap uit te bou met die aanloop tot aanstaande jaar se algemene verkiesing.

"Hartnick dien die gemeenskap van Hessequa tans met onderskeiding as onder-burgemeester, en hy is ‘n uitstaande bewys oor hoe ‘n politieke party sy kiesers se belange maksimaal in ‘n koalisie kan indra en hulle dien," sê Mulder.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.