Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Transnet-pensioene: Wees versigtig vir ‘insameling’

Die VF Plus is daarvan bewus dat persone onder 'n valse voorwendsel geld insamel vir die Transnet-pensioenarisse se hofsaak deur gebruik te maak van adv Anton Alberts, VF Plus voorsitter en die party se naam.

"Onthou dat die regspan geen fondse vra vir die hofsaak nie.Die Vryheidsfront Plus samel ook nie enige fondse hiervoor in nie. Moet dus onder geen omstandighede enige geld aan iemand betaal wat dit vir die hofsaak insamel nie. Dit is bedrog." sê Alberts.

Alberts versoek dat dat versoeke in die verband by Neels Hattingh by neels@vfplus.org.za aangemeld word.

Die proses rakende die skikking van die saak gaan voort.

"Die regspan dui aan daar is goeie vordering. Minister Gordhan het ook aangedui dat die twee regspanne nou naby aan mekaar is. Ek probeer die week meer uitvind en sal belanghebbende op hoogte hou," sê Alberts.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.