Southridge, ʼn woonbuurt van Kimberley in die Sol Plaatje-plaaslike munisipaliteit (Kimberley, Modderrivier en Ritchie) se verlaagde eiendomswaarde het ‘n werklikheid geword.
Tydens ʼn spesiale raadsitting op Donderdag 21 September, is daar gestem om ʼn groot deel van die Southridge-woongebied teen afslagpryse aan die Phomolong 109-groep te verkoop.
Phomolong 109 is ʼn groep inwoners wat hulself as voorheen benadeelde inwoners van Kimberley beskryf.
Die munisipaliteit se hoof stadsbeplanner, mnr. Ngoako Modiba, het in die resolusie aan die raad verklaar dat dié transaksies deur die munisipale verordening, Sol Plaatje se beleid op grond en ander onroerende kapitale bates (2016), toelaatbaar is.
Klousule 13(1)(F)(i)(ii) van dié beleid bepaal egter dat die toegewing slegs aan ander staatsinstellings gemaak kan word. Dit sluit dus private aankopers uit.
Die Phomolong 109-groep word nou eksklusief meer as 108 eiendomme teen slegs 60% van die markwaarde aangebied.
Huishoudings in hierdie groepe verdien meer as R22 000 per maand, wat die afsnypunt vir staatsondersteuning in die aankoop van grond is. Daar kon dus geen staatshulp vir hulle gevind word mits die reëls op plaaslike regeringsvlak nie gebuig is nie.
Die eiendomswaarde van eiendomme in Southridge gaan geweldig afneem omdat eiendomwaardasies op grond van onlangse eiendomstransaksies gedoen word.
Indien ʼn aantal erwe nou teen byna die helfte van die waarde verkoop word, daal die res van die eiendomspryse ook.
Bankwaardasies word beïnvloed en eienaars kan vind dat hul lenings nou hoër as hul eiendomswaarde is.
Southridge gaan reeds gebuk onder uitdagings soos tekortkominge in infrastruktuur, rioollekkasies en swak paaie wat nie onderhou word nie. Die erwe wat beskikbaar gestel word, is nie van die nodige dienste voorsien nie.
Die plaaslike inwoners is nie in die saak geken nie. Die VF Plus het saam met van die ander opposisiepartye buite stemming gebly.
"*" indicates required fields
Ons wens almal ’n gelukkige Vadersdag toe!💚 | We wish everyone a happy Father’s Day!💚
@VFPlus You guys are doing a great job, I have switched from DA to VF+. I sincerely hope you are ready to defend our rights and interests during the National Dialogue. There is likely to be an attempt to introduce radical proposals like EWC or Banning of Firearms which CANNOT be allowed
The @Our_DA has a @jsteenhuisen trying to implement safety plans that combats another politicians songs about killing the people he's trying to protect.
Madness.
My votes going to the @VFPlus John. You had every oppertunity to call the ANC syndicate out for what it is and you…
@IFP_National @OnsBaizaNie Mr @wouter_wessels from the @VFPlus said the country needs economic growth, and the right policies to create wealth. He also said that every rand must be spent for the benefit of every South African
#Budget2025
#7thParliament
Die Vryheidsfront Plus is verbind tot groepsregte, teen regstellende aksie en vir ‘n beter SA vir almal.