fbpx
Vryheidsfront Plus

Mislukte Gauteng-regering bied geen beskerming aan sy inwoners

"Die Gautengse regering het reeds sy inwoners gefaal terwyl die plaasmoord-tog in die provinsie voortduur met twee bejaarde egpare wat Sondag in afsonderlike voorvalle op hul plase vermoor is," sê Jaco Mulder, VF Plus-leier in Gauteng.

‘n Bejaarde egpaar is Sondag  op hul plaas in die Orange Farm-gebied in die Vaaldriehoek vermoor en met steekwonde in hul huis aangetref terwyl die 78 jarige Fanie en 74 jarige Colleen Engelbrecht van die plaas Welgevonden naby Westonaria onderskeidelik keelaf gesny en met ‘n strykysterkoord verwurg is.

In beide gevalle het die rowers onder meer vuurwapens, kontant en huisraad gebuit.

"Na talle gesprekke en beloftes deur die Gautengse premier, David Makhura, en die provinsiale LUR vir gemeenskapsveiligheid, me. Sizakele Nkosi-Malobane, is die publiek se geduld vinnig besig om ‘n versadigingspunt te bereik.

"Die polisie se jarelange gebrek aan misdaadintelligensie en populistiese uitsprake deur ANC- en EFF-politici skep die klimaat vir burgerlike ongehoorsaamheid.

"Dit is tyd dat die  ANC-regering tydens die 2019-verkiesing uit die kussings gelig word en vervang word met ‘n veelparty-koalisie.

"Die VF Plus doen intussen ‘n beroep op die inwoners van Gauteng om by hul plaaslike beveiligingsaksies betrokke te raak," sê Mulder.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Mark Surgeon

Tshwane-metro minag Strukturewet

Die Tshwane-metroraad het gister tydens ʼn raadsvergadering die Munisipale Strukturewet geminag deur ʼn verslag wat handel oor ʼn ANC-raadslid wat ses agtereenvolgende raadsvergaderings nie bygewoon

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.