fbpx
Vryheidsfront Plus

ANC se driebeenspan trek dwars

"Anders as die Springbokke is die ANC se drieparty-alliansie ‘n verdeelde span met vakbonde wat nie bereid is om saam te speel om sukses te behaal nie," sê dr. Corné Mulder, VF Plus-LP en hoofsweep.

"Verlede week het die minister van finansies, Tito Mboweni, dit duidelik gemaak dat Suid-Afrika in ‘n ernstige finansiële krisis verkeer. Tien jaar gelede was die staat se skuld nog onder 30% van die bruto binnelandse produk (BBP). Vandag is dit 60% en oor nege jaar, teen 2028, sal dit op 80% staan.

 

"Suid-Afrika het in hierdie situasie beland vanweë die vermorsing van geld, korrupsie en ANC-beleid wat ekonomiese groei feitlik onmoontlik maak."

 

"Skynbaar onbewus of ongevoelig teenoor hierdie krisis, juig Cosatu daaroor dat president Cyril Ramaphosa en die ANC nasionale tesourie se voorstelle in sy Ekonomiese Strategieplan oor verslapping in arbeidswetgewing van die tafel gevee het. Cosatu noem dit Thatcherisme.

"Die voorstelle het onder meer gehandel met die Nasionale Minimumloon, kollektiewe bedinging en verdere arbeidswetgewing wat daarop gemik was om ‘n arbeidsvriendelike omgewing en werk te skep en ekonomiese groei te stimuleer.

"Die antwoord op Suid-Afrika se probleme lê juis in ‘n werkskeppende ekonomie waar ‘n vryer arbeidsmark die reël sal wees. Om dit te vermag, sal die ANC-regering in die belang van Suid-Afrika die mag van sy Cosatu-vakbondvennote moet breek," sê Mulder.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.