In 1994 was 3,7 miljoen mense in Suid-Afrika werkloos.
"Die ANC se slagspreuk was: “Werk, werk, werk”. Vandag is 9,4 miljoen mense werkloos en apartheid kry die skuld. Die enigste afleiding wat hieruit gemaak kan word is dat iets ernstig verkeerd is met die AC-regering se ekonomiese beleid," het Anton Alberts, VF plus-voorsitter en parlementêre wordvoerder vir arbeid, gesê tydens dié departement se begrtoingsdebat.
Alberts het gesê Suid-Afrika se werksmag is jeugdig, en internasionaal werk só ‘n demografie dividend ekonomiese groei aan die hand.
Hy het gesê plaaslik gebeur die teenoorgestelde en neig dit na rewolusie weens groeiende werkloosheid en ‘n toekoms sonder hoop of verwagting.
"Die probleem is natuurlik dat die regering se ekonomiese beleid enersyds, en beleid wat die voorvereiste is vir ekonomiese groei soos onderwys andersyds, op die verkeerde spoor is en binnekort met die aankomende trein met die naam realiteit gaan bots.
"Kom ons kyk na ‘n paar aspekte in dié verband:
"Indien hierdie kwessies nie aangespreek word nie, sal die ekonomie sy kreeftegang bly gaan en werksgeleenthede sal soos mis voor die son bly verdwyn," het Alberts gesê.