Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Munisipale verkiesing 2026

Mieta Jakobs, VF Plus candidate

Oor Mieta Jakobs

Mieta Jacobs is ’n toegewyde gemeenskapsmens van Asla Park in Wyk 15, Mosselbaai. Sy is aktief betrokke by die ondersteuning van behoeftige gesinne en kinders en organiseer ook gemeenskapsopruimingsaksies. Mieta fokus verder op jeugbemagtiging en mentorskap, asook ondersteuning rondom werkloosheid en werksgeleenthede. Haar sterk waardes, integriteit en betrokkenheid by die gemeenskap vorm die grondslag van haar benadering tot diens.

Mieta Jakobs, VF Plus candidate

“Ek ken die uitdagings van ons gemeenskap omdat ek self hier betrokke is en reeds help waar ek kan. Ek wil voortgaan om behoeftige gesinne en kinders te ondersteun, ons gemeenskap skoon te hou en veral ons jongmense te bemagtig. Ek verstaan ook die impak van werkloosheid, omdat ek uit ’n klein landelike gemeenskap kom waar werksgeleenthede skaars was. Ek glo in eerlikheid, integriteit en diensbaarheid, en wil saam met inwoners aan ’n beter Wyk 15 werk.”

- Mieta Jakobs

VERKIESING IN

Dae
Ure
Minute
Sekondes
Hou hierdie spasie dop vir verkiesingsuitslae.
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.