“Ek ken die uitdagings van ons gemeenskap omdat ek self hier betrokke is en reeds help waar ek kan. Ek wil voortgaan om behoeftige gesinne en kinders te ondersteun, ons gemeenskap skoon te hou en veral ons jongmense te bemagtig. Ek verstaan ook die impak van werkloosheid, omdat ek uit ’n klein landelike gemeenskap kom waar werksgeleenthede skaars was. Ek glo in eerlikheid, integriteit en diensbaarheid, en wil saam met inwoners aan ’n beter Wyk 15 werk.”