Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

ONS

LEIERSKAP

UITVOERENDE DAGBESTUUR

Die Uitvoerende Dagbestuur bestaan uit die Leier, die Voorsitter van die Federale Raad en vyf bykomende lede wat deur die Federale Dagbestuur uit sy eie geledere verkies is. Wanneer die Federale Dagbestuur nie in sitting is nie, oefen die Uitvoerende Dagbestuur sy bevoegdhede uit.

PROVINSIALE LEIERS

PROVINSIALE LEIERS

‘n Provinsiale Leier word verkies deur die Provinsiale Partyraad wat die hoogste besluitnemende liggaam in elk van die onderskeie provinsies is. Die Provinsiale Leier tree op as die voorsitter van die Partyraad en die Dagbestuur van die provinsie.

FEDERALE DAGBESTUUR

Die Federale Dagbestuur bestaan uit die Leier, die Voorsitter van die Federale Raad wat as die voorsitter van die dagbestuur optree, die nege Provinsiale Leiers, die voorsitters van die permanente komitees van die Federale Raad, die Hoofsweep van die Parlementêre Koukus, en die Nasionale Jeugleier. Wanneer die Federale Raad nie in sitting is nie, oefen die Federale Dagbestuur sy bevoegdhede uit.

JEUG-LEIERSKAP

Die VF Plus-jeug is ’n struktuur binne die breër struktuur van die party en is daartoe verbind om politieke bewustheid onder Suid-Afrikaners tussen die ouderdomme van 16 en 35 te bevorder. Die VF Plus-jeug is aktief in die stryd teen die verskeie uitdagings wat die jeug in die gesig staar. Daar is ’n jeugstruktuur in elke provinsie met sy eie Provinsiale Jeugpartyraad en Dagbestuur. Die hoogste besluitnemingsliggaam van die jeug is die Federale Jeugraad met die Nasionale Jeugleier as voorsitter. Die raad kies ’n Federale Jeugdagbestuur.

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.