Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Mpumalanga se gesondheidsdepartement moet stappe neem oor uitbreek van masels

Die VF Plus is bekommerd daaroor dat die departement van gesondheid in Mpumalanga nie genoeg doen om die verspreiding van masels onder inwoners in dié provinsie te bekamp nie.

Die VF Plus het reeds in Desember verlede jaar tydens 'n wetgewersitting die dringendheid van 'n inentingsveldtog beklemtoon.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (NICD) het nou in ’n verklaring bevestig dat 79 laboratorium-bevestigde maselsgevalle sedert 1 September in Mpumalanga aangemeld is.

Dit volg nadat die Ehlanzeni-distrik in Oktober verlede jaar tot 'n masels-uitbraakgebied verklaar is.

Die ouderdomsgroep wat die meeste geraak word, is vyf tot nege. Van die 79 gevalle het 53 'n onbekende inentingstatus gehad, nege is ingeënt en 17 was ongeënt.

Die regering moet sy bewusmakingsveldtog met betrekking tot roetine- maselsinenting vir kinders, gekombineer met massa-inentingsveldtogte in gebiede met hoë gevalle- en sterftesyfers, verhoog.

Dit is sleutelstrategieë vir openbare gesondheid om maselssterftes te verminder.

Die departementele gesondheidswoordvoerder, Dumisani Malamule, het by navraag gesê dat die departement wel op 'n hoë gereedheidsgrondslag is en strategieë ontwikkel het om verdere verspreiding te beperk en te voorkom.

Die VF Plus wag egter nog om te hoor presies wat dié strategieë behels.

Die departement moet sonder verwyl beheer verkry oor die situasie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.