Truida Lamprecht is ’n toegewyde gemeenskapslid en VF Plus-kandidaat met 26 jaar se ervaring as finansiële bestuurder op ’n landbouplaas in Levubu. As afgetredene bring sy sterk finansiële dissipline, operasionele kennis en praktiese ervaring na Polokwane, met ’n besondere begrip vir landbougemeenskappe. Haar gemeenskapsbetrokkenheid sluit diens aan die Kankervereniging, fondsinsameling en ondersteuning van boere tydens plaaslike geleenthede in. Truida is betroubaar, deernisvol en toegewyd aan eerlike, verantwoordbare en praktiese gemeenskapsdiens.