“Ek glo in harde werk, diens, aanspreeklikheid en geloof in God. Ek is lief vir Windsorton en sy mense, en ek is daartoe verbind om hulle stem te wees.My prioriteite is beter gesondheidsorg, veiliger strate, skoner gemeenskappe, werkskepping en die bevordering van toerisme. Saam met die SAPD en die GPF kan ons dwelmmisbruik, vandalisme en misdaad bekamp. Dis óns tyd! Wat laat ons vir ons kinders na? Kom ons vat hande en bou saam aan ’n veiliger, skoner Windsorton.”