Suzette O’Bryan is oorspronklik van Tzaneen en woon al ongeveer 10 jaar in Lydenburg. Sy het Graad 10 aan Bosveld Akademie voltooi en het werkservaring as kassier, in sekuriteit en die voedselbedryf. Sy is ’n vinnige leerder, betroubaar, vriendelik en bereid om nuwe vaardighede aan te leer. Sy dien tans as Jeugdistriksverteenwoordiger vir Mpumalanga van die Vryheidsfront Plus. Haar passie is om jongmense te motiveer, te verenig en aan te moedig om aktief by hul gemeenskappe betrokke te raak.