“Ek is jonk, maar ek sal nie stilbly oor die toekoms van my generasie nie. Ek staan vir gelyke geleenthede, vir die behoud van my taal, kultuur en Afrikaner-erfenis, en vir ’n Mokopane waar elke inwoner veilig en met waardigheid kan leef. Ek glo daar is plek vir ons almal in Suid-Afrika, ’n land waar niemand op grond van ras benadeel word nie, waar jongmense weer hoop kan hê en waar die son oor elkeen van ons kan skyn.”