Roelf is ’n toegewyde gemeenskapsleier en voorsitter van die VF Plus-tak in Waterval Boven.
Hy het jare lank as senior trajek-treinbeheerbestuurder by die Spoorweë en later Spoornet gewerk.
Hy het 25 jaar as polisiereservis gedien.
Ná sy aftrede het hy sy tyd en energie begin wy aan die probleme van inwoners.
Hy is aktief betrokke by projekte soos die herstel van paaie en die skoonmaak van die dorp.
Roelf se visie is om korrupsie uit te roei, oortreders verantwoordelik te hou en ’n sterker, verenigde gemeenskap te bou.