Pieter du Preez is reeds 41 jaar ’n inwoner van Stilfontein en dien sedert 2021 as VF Plus-wyksraadslid vir wyk 30. Hy is ’n voormalige mynwerker, fabriekseienaar en ervare gemeenskapsveiligheidsleier. Pieter was voorsitter van AfriForum se Stilfontein-tak en buurtwag, asook voorsitter van die plaaslike GPF. Hy het Stilfontein Covid-19 Food Assist gestig en dien in Lions International, waar hy van 2023 tot 2025 klubpresident was. Sy praktiese projekte sluit skoonmaakaksies, grassny, slaggatherstel, pyplyn- en rioolwerk, sinkgatrehabilitasie, kinderprojekte en daaglikse opvolg van munisipale klagtes in. Gemeenskapsdiens is sy daaglikse, praktiese roeping.