Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus
Piet Breet, VF Plus candidate

Piet Breet

Province: North West
Municipality: Kgetlengrivier

Wards: 1-2

Piet Breet is in die Koster-omgewing gebore en getoë en dien tans as VF Plus-raadslid in Kgetlengrivier. Ná matriek aan Hoërskool Koster in 1973 het hy sy loopbaan by Provinsiale Oudit begin. Hy het later in Rustenburg se interne ouditafdeling gewerk en junior lidmaatskap van die Instituut vir Munisipale Finansiële Offisiere verwerf. Van 1998 tot 2014 was hy Kgetlengrivier se stadstesourier. Piet dien op finansiële, menslikehulpbron-, administratiewe, MPAC- en FRP-komitees. Hy is ook aktief in kerklike, bejaardesorg-, welsyns- en skoolbeheerstrukture en bring dekades se finansiële en gemeenskapservaring na die raad

“Kgetlengrivier se herstel begin by beheer oor elke rand. My ervaring in provinsiale oudit, interne munisipale oudit en as stadstesourier het my geleer dat goeie dienslewering onmoontlik is sonder akkurate syfers, behoorlike kontantvloei en streng toesig. Die raad moet maandeliks presies weet wat inkom, wat uitgaan, wat aan Eskom betaal word en hoe invordering vorder. Kontrakte, oortyd, voertuie en krediteure moet deursigtig gemonitor word. Ek wil help verseker dat bevindings tot regstellende optrede lei en dat inwoners duidelik kan sien hoe openbare geld eerlik bestuur en vir prioriteitsdienste aangewend word.”

- Piet Breet

ELECTION IN

Days
Hours
Minutes
Seconds
Watch this space for the results of the recent election.

SPECIAL VOTES

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.