Nico is ’n boer en verkose raadslid in die Mbombela-munisipaliteit.
Hy besit en bestuur ’n plaas in die Mbombela distrik waar hy mango’s, avokado’s en makadamianeute verbou, en het reeds tien jaar ondervinding in landbou.
Benewens sy boerdery is Nico betrokke by dierewelsyn in sy dorp en dien hy as ’n lekeprediker in sy kerk.
As raadslid beywer hy hom vir eerlike bestuur, gesonde finansiële administrasie en praktiese dienslewering aan inwoners.
Nico is toegewyd en hardwerkend.