Natanja is ’n toegewyde VF Plus-verteenwoordiger in Delmas, wat die belange van inwoners eerste stel.
Met ‘n sterk agtergrond in organisasie, projekbestuur, openbare kommunikasie en konflikhantering, bring sy ’n praktiese en oplossingsgerigte benadering tot plaaslike uitdagings.
Natanja werk aktief saam met die gemeenskap om kragverskaffing, watervoorsiening en infrastruktuur te verbeter.
Haar visie is gegrond op volhoubare ontwikkeling, deursigtigheid en verantwoordbaarheid.
As ’n betroubare stem streef sy na praktiese oplossings wat werk om ‘n sterker en veiliger gemeenskap vir almal te bou.