Nadia is ’n gekwalifiseerde boekhouer, eienaar van ’n kleuterskool en toegewyde mamma van twee seuns.
Haar passie vir kinders en hul toekoms lê haar besonder na aan die hart.
Die afgelope drie jaar is sy betrokke by ’n niewinsgewende organisasie wat minderbevoorregte kinders finansieel ondersteun.
Nadia het ’n groot liefde vir skilder, doen dit self, tuinmaak en om elke dag iets nuuts te leer.
Sy glo in diensbaarheid, selfstandigheid en om ’n beter toekoms vir SA se kinders te help bou.