Monica is sedert 2019 ’n toegewyde lid van die VF Plus en staan as kandidaat vir Wyk 15 in Bethal.
Sy is aktief betrokke by die Hoëveld-streek.
As ma van vyf en toegewyde gemeenskapslid verstaan Monica die daaglikse uitdagings rondom dienslewering, veiligheid en werkskepping.
Sy staan vir eerlike, skoon en deursigtige bestuur waar inwoners se belange eerste kom en elke stem gehoor word.