“Die Here is my Herder; niks sal my ontbreek nie.
Hy laat my neerlê in groen weivelde; Hy lei my na waters waar rus is.
Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid ter wille van sy Naam.
Selfs al gaan ek deur ‘n dal van doodskaduwee, sal ek geen onheil vrees nie, want U is met my; U stok en U staf vertroos my.”